Stay safe online. Now more than ever it’s important to be cybersafe. See our tips to help you stay safe online. Learn more
Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Sanlam Investments
Skip Navigation LinksMedia Centre
 

​​​​​​Die Finansiële Implikasies van Egskeiding

David Thomson, 5 September 2018

Die radio- en TV-persoonlikheid Masechaba Ndlovu het onlangs op sosiale media aangekondig dat sy en haar man Vusi Ndlovu uiteengaan, en die nasie met hierdie hartseer nuus geskok. Die ster het op Instagram in ’n hartroerende boodskap haar besluit verduidelik en Vusi die “man van haar drome” genoem.

Feit is, niemand trou met die gedagte om te skei nie. Die harde werklikheid is egter dat 40% van huwelike voor die 10de herdenking in die skeihof beland. Die jongste syfers van Statistiek SA toon dat 25 326 egskeidings in 2016 in Suid-Afrika toegestaan is.

Een van die neteligste aspekte van egskeiding is die finansiële implikasies. David Thomson, Senior Regsadviseur by Sanlam Trust, sê egskeiding is op sigself ’n uiters traumatiese gebeurtenis, en finansiële oorwegings speel ’n groot rol. Mense moet dus seker maak dat hulle die hele situasie behoorlik in ag neem wanneer hulle na hul finansiële posisie kyk en besluite neem. Indien jy skei en volgens wet geregtig is op ’n deel van jou gade se aftreegeld, dink weer as jy hierdie geld as ’n “meevaller” beskou wat jy kan uitgee. Onthou eerder dat dit aanvanklik bedoel was om vir ’n gerieflike aftrede voorsiening te maak, maan hy.

“Eerstens, indien net een persoon die broodwinner in die huishouding was, sal egskeiding dikwels meebring dat die ander persoon nou moet werk soek. Sulke scenario’s beteken egskeiding gaan dikwels gepaard met moeilike besluite oor waar jy gaan woon – of jy ’n nuwe blyplek wil koop of eers wil huur.” Jy moet jouself afvra hoe jou aftrede gaan lyk as jy die geld gebruik het om ’n eiendom te koop. Thomson sê party mense tref dit gelukkig en koop ’n huis, maak kinders groot, verkoop die huis later teen ’n wins en ploeg daardie geld terug in hul aftreespaarfonds. Dit verg egter baie dissipline om dit te doen.

“Wat jy ook al besluit, maak seker dat jy jou hele situasie in ag neem – jou lewenskoste vandag en jou aftreebehoeftes in die toekoms. Moenie probeer raai wat jou aftreebehoeftes gaan wees nie – kry ’n professionele finansiële adviseur wat dit vir jou kan bereken,” sê Thomson. Wanneer jy jou onmiddellike behoeftes met aftreespaarfondse balanseer, is die ander belangrike kwessie om te oorweeg wanneer jy skei, hoe jy jou aftreevoorsiening gaan aanvul, veral as jy ’n nuwe verhouding wil begin. Geskeides moet dikwels weer dubbeld soveel spaar om te vergoed vir die onttrekkings volgens die egskeidingskikking, en die feit dat hulle die voordeel van saamgestelde rente misgeloop het, sê Thomson.

“Jy sal miskien jou hele benadering tot aftrede moet hersien, omdat die aftreeplanne wat jy saam met jou eks gehad het, miskien nie meer in jou nuwe finansiële situasie realisties sal wees nie. Dit geld veral wanneer jy in jou silwer jare skei, wat deesdae al hoe meer gebeur. Wanneer jy later in die lewe skei, sal jy meer konserwatief moet wees in jou beleggingsbenadering.

Thomson sê aan die ander kant het mense wat op ’n jonger ouderdom skei, meer tyd om die markskommelinge te trotseer en daarom kan hulle meer aggressief wees in hul benadering. Wanneer jy nog jonk is, kan jy ’n portefeulje oorweeg wat meer aggressief gestruktureer is, totdat jy nader aan aftrede beweeg. Ongelukkig sal die Ndlovu’s nie die enigste glanspaar wees wat vanjaar skei nie, maar hopelik het hulle aan hul finansiële situasie die noukeurige aandag gegee wat dit verdien.

Contact Us

Please complete the following information.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam